Recipe

Malvapoeding

Best malvapoeding ever — came out perfect. A classic Kook en Geniet malvapoeding with Ideal milk in the sauce instead of cream.

Ingredients

  • 310 ml (1¼ k) meelblom
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 2 eiers
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 30 ml (2 e) botter
  • 125 ml (½ k) karringmelk
  • 15 ml (1 e) appelkooskonfyt
  • 2,5 ml (½ t) fyngerasperde lemoenskil (opsioneel)
  • 62 ml (4 e) lemoensap
  • 15 ml (1 e) asyn
  • SOUS
  • 190 ml (¾ k) botter
  • 1 x 380 g tin Ideal milk
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 190 ml (¾ k) water
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel

Method

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F).
  2. Sif die meelblom, koeksoda en sout drie keer saam.
  3. Klits die eiers. Voeg die strooisuiker geleidelik daarby en klits tot lig.
  4. Verhit die botter, karringmelk, appelkooskonfyt, lemoenskil (indien gebruik), lemoensap en asyn. Die mengsel sal skif. Klits dit daarom vinnig met die klitser wat vir die eiers gebruik is om die mengsel fyn op te breek.
  5. Vou die meelmengsel om die beurt met die bottermengsel by die eiermengsel in. Klits dan slegs ’n baie kort rukkie om alles uiteindelik goed te meng.
  6. Bak 45 minute lank in ’n gesmeerde plat skottel van minstens 30 x 22 cm.
  7. SOUS: Verhit intussen al die bestanddele vir die sous saam en roer tot die suiker opgelos het.
  8. Steek die poeding vol gaatjies met ’n vurk en giet die warm sous oor die warm poeding.
  9. Sit warm voor met vanieljeroomys en vla wat nie te soet is nie.