Recipe
Prikkelende hoenderpotjie
'n Pikante Mexikaanse-styl hoenderpotjie met rys, groente, speserye en witwyn.
Screen will stay awake while this page is open. Click ingredients or method steps to tick them off while cooking.
Ingredients
- 30 ml kookolie
- 2 kg hoender, in porsies gesny
- 5 middelslag-uie, gekap
- 1 groen brandrissie, ontpit en in stukkies gesny
- 250 ml water
- 5 geelwortels, geskil en in repies gesny
- 6 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
- 125 ml rou rys
- 200 g gevriesde groen-ertjies
- 15 heel knopiesampioene
- 2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
- 10 ml gedroogde pietersielie
- 5 ml knoffelvlokkies
- 5 ml suurlemoenpeper
- 5 ml gedroogde oregano
- 2,5 ml grof gemaalde swartpeper
- 1,25 ml peri-peripoeier
- 125 ml droë wit wyn
- 30 ml suiker
- 20 ml sout
- 15 ml matige kerriepoeier
- 1 blokkie hoenderekstrak, gekrummel
Method
- Verhit die olie in die potjie. Braai die hoenderporsies ’n paar stukkies op ’n keer tot goudbruin. Haal dit uit en hou eenkant. Braai nou die uie en rissies tot sag. Plaas die hoender terug in die pot en voeg die water by. Sit die deksel op en laat prut vir 15 minute.
- Pak die groente en rys in lae op die vleis in die volgorde waarin dit aangegee word. Strooi die speserye en kruie bo-oor. Laat dit weer vir 15 minute prut.
- Meng nou die wyn met die res van die bestanddele en giet dit oor die kos. Sit die deksel op en laat dit prut vir 30 minute. Maak seker dat die rys gaar is, en indien nie, laat verder prut tot gaar.
- Roer om voor opdiening.